Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Landbou&Tuinbou En Opvoeding&Kultuur

Beriggewer: Hermien van Zyl

Datum: 28 Maart 2016

 

Goedgemanierde troeteldiere in Nieu-Seeland

Wanneer die Kleinmondse jaarprogram sò opgestel word dat ‘n gesamentlike vergadering deur die lede van Landbou&Tuinbou en Opvoeding&Kultuur gereël moet word, dan is daar min raakpunte – moontlik veteraantrekkers wat kultuurgoed geword het? Die saamroepers van diè twee portefeuljes het egter besluit om vir Annatjie Liebenberg van Gansbaai, sirkelsekretaresse van die Overberg, en gereelde besoeker aan Nieu-Seeland te vra om te kom vertel hoe die Nieu-Seelanders hulle troeteldiere opvoed.

 

V.l.n.r. Annatjie Liebenberg (spreker), Rienie Ludick (sirkelpresident wat me Liebenberg vergesel het op ‘n takbesoek), Hermien van Zyl (taksaamroeper Landbou&Tuinbou) en Cecile Jonkheid (voorsitter Kleinmond-tak)

 

‘n Klein land soos Nieu-Seeland moet die hoeveelheid troeteldiere streng beheer. Daarom word alle troeteldiere deur geregistreerde telers aan troeteldierwinkels verkoop vanwaar hulle verkoop word en met ‘n identiteitskenteken toegerus word wat hulle te alle tye moet dra. Dis duur om ‘n troeteldier aan te hou weens die streng reëls, duur boetes en hoë kostes van veeartse, kos en akkommodasie wanneer die dier versorg moet word. Dus hou hoofsaaklik gegoede gesinne troeteldiere aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alice van Rooyen (takfotograaf), links, en Louise Bruwer (taksaamroeper vir Opvoeding&Kultuur)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dorpshonde mag nie blaf nie, hulle moet kommunikeer deur hulle sterte te waai. Dit word hulle van kleinsaf by ‘n gehoorsaamheidskliniek geleer. Hulle mag nie op straat kom sonder ‘n leiband nie en word net binne sekere ure op die strande toegelaat. Eienaars moet te alle tye alle doggie pooh onmiddellik optel. Die lewe van ‘n hond op ‘n plaas is darem baie vryer en hulle mag blaf wanneer hulle met die hantering van skape help!

 

Vir diè wat ‘n behoefte het daaraan om met katte in aanraking te kom, is daar ‘n katterestaurant in Auckland waarheen mense kan gaan om hulle te streel.

 

By die marktafel Marita Nolte, Alice van Rooyen, Anne Meershoek en Harriet Visser

 

Hier kort voor die vakansie kon lede hul koskaste volmaak met heerlike VLV-lekkernye. Die marktafel het gekreun onder vrugte, groente, handwerk, gebottel & gebak en is baie goed ondersteun deur die entoesiastiese lede. Vrolike agtergrondmusiek het ‘n karnavalatmosfeer geskep en op die verhoog was ‘n kunstige uitstalling van landbouprodukte in en op artikels wat van herwinde kratplanke gemaak word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die pragtige uitstalling/opstelling op die verhoog – die werk van Susan Marais en Essie Groenewald – beide 80+.