Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum:28 Maart 2017

 

Einde Maart 2017, voor die aanbreek van die skoolvakansie, het Aberdeel VLV weer die Aalwynhof Ouetehuis op die dorp besoek.  Die doel was om die hoop wat Paasfees bring op ‘n tasbare wyse te deel.  Diane Nel (Voorsitter Aalwynhof) het die besoekers verwelkom.

 

Lea van der Vyver open met ‘n paar skrifgedeeltes wat fokus op God se liefde deur Jesus en die vooruitsig van die Ewige Lewe.

 

 

 

 

 

 

VLV lede het heerlike eetgoed gebring en daar word saamgekuier rondom ‘n koppie tee.  Om mee af te sluit ontvang elke inwoner ‘n pragtig versierde geskenksakkie met paaseiers en ‘n boekmerkie wat deur Annalie Lategan gemaak is.

 

Van die pragtige Paaseetgoed en geskenksakkies.

 

Teetafel