Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 25 Maart 2017

 

Tiaan Langenegger, bekende kok en wenner van Kokkedoor en beoordelaar by Koekedoor, het Vryburg op uitnodiging van die VLV besoek. Hy beklemtoon dat kos jou moet terugneem in die verlede en herinneringe wakker maak.

 

Esta Twigge, Tiaan Langenegger en Carien-Mari Brink

 

Inwoners van Vryburg en die omgewing het die geleentheid gehad om te beleef wat ‘n bekende kok kan vermag met bestanddele beskikbaar in plaaslike winkels. Die tak het leerders van Tierkloof se hotelskool die kans gegee om die geleentheid gratis by by te woon.

 

Hy het nuttige wenke gegee soos om suiker te karamelliseer sonder om te roer. Blansjeer amandels in kookwater om die skille te verwyder. Klapper en sade soos sesame kan in ‘n pan gerooster word. Amandels kan in die mikrogolf gerooster word.

 

Die nuutste neiging is ‘scatter food’ waar alle kos bloot op die tafels gestrooi word.

 Scatter food

 

 

 Keurige tafels

 

Die toeskouers