Sirkel: Kalahari
Tak: Piet-Plessis
Beriggewer: Sonia van Rensburg
Datum: 9 Maart 2017 en 24 Maart 2017
In ‘n baie goeie reënseisoen, hou Sirkel Kalahari hulle 84ste konferensie op 9 Maart 2017 op Vryburg. Mimosa en Piet-Plessis was die gasvrou-takke. Die kleure en simbole van Sirkel Kalahari se nuwe embleem word deurgaans in hulle versierings gebruik.
Piet-Plessis reël radiodekking van die konferensie, wat op 24 Maart op Pretoria FM, in die KUIERKOMBUIS-program tussen 9 en 10vm uitgesaai is. U kan daarna luister deur:
- Gaan in op pretoriafm.co.za
- Soek WEBGREPE
- Soek ALLERLEI
- Soek die betrokke program wat u wil aflaai
- Onder die speelbalkie staan in rooi: LAAI AF
- Staan met u muis daarop en REGSKLIK
- Kies 4de van bo af “SAVE LINK/TAB/TARGET AS”
- Die volledige program word dan op u “SAVE” in u rekenaar se “downloads” afgelaai.
Hoenderslaai is in skroefdeksel flesse bedien, Proteas as tafelversierings en rangskikkings is uit eierdosie-houers deur Adila Theunessen van Mimosa gemaak, Truffels vir teetyd in wit en pienk sjokolade.
Van die geskenke aan die konferensiegangers is Pennehouers van oorgetrekte blikkies, Konferensieprogramme en Inlegflesversierings.
Leave A Comment