Home/News, Victoria-Wes/Uraanontginning bedreig die Karoo

Uraanontginning bedreig die Karoo

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak: Victoria Wes

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Elize Perrin

Datum:  18 Maart 2017

Die dames het meer uitgevind oor die moontlikheid van uraanontginning in die omgewing.  Ingrid Scofmann, wie se liefde vir die Karoo haar dryf om betrokke te raak, het meer hieroor kom vertel. Sy werk nou saam met dr. Cramer van Duitsland.  Laasgenoemde het ‘n volledige studie hieroor gedoen.

Volgens Ingrid word plaaslike inwoners mislei met beloftes van geld en werk deur die persone wat die proses wil deurvoer.  Een van die probleme met uraan is dat oopgroefmyne gebruik word en daarna kan geen deksel daarop geplaas word nie.  Die stowwe versprei.  Die gevolge van die stof is dikwels ook eers jare later sigbaar.

Die oorspronklike aansoek vir uraanontginning het aanvanklik vanaf Prince Albert tot by Victoria-Wes en Loxton gestrek.  Na wat verneem word het die Wes-Kaap aksie geneem en is die gebied nou verklein na ons omgewing.  ‘n Australiese mynmaatskappy het die aansoek vir ontginning ingedien.  Indien die aansoek toegestaan word, sal dit ‘n invloed op die veld hê, asook op die wol wat geproduseer sal word.  Dit kan ook die skaapvleis beïnvloed.

Insetsels is ook gelewer oor ‘n roos wat ontdek is en wat drie jaar sonder water en sonlig kan leef, asook ‘n Spaanse argitek wat leë graansilo’s in Italië gekoop het.  Hy het dit in ‘n praghuis omskep met selfs plante teen die mure en bo-op die dak.

‘n Marktafel was ook beskikbaar waar dames produkte te koop kon aanbied.

Ingrid Schofmann

By |2017-03-19T18:39:52+02:00Maart 19th, 2017|News, Victoria-Wes|0 Comments

Leave A Comment

Go to Top