Sirkel: Noordwes-Kaap

Sirkelkonferensie

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 17 en 18 Maart 2017

 

VLV Kakamas en Sirkel Noordwes-Kaap het albei hul 84ste herdenking tydens die Noordwes-Kaapkonferensie op 17 en 18 Maart 2017 in die Mas van Kakamas Wynkelder van Vlok en Welna Hanekom, tussen die groot en blink wynhouers, met swier gevier. Sirkel Noordwes-Kaap se pragtige nuwe banier (geborg deur Bertus Coetzee) en ook VLV Kakamas se ewe pragtige banier is tydens die Konferensie in gebruik geneem.

 

                                           
Die nuwe baniere van Sirkel Noordwes- Kaap (links) en van die VLV Kakemas (regs) wat in gebruik geneem is tydens die 84ste Konferensie van die Sirkel Noordwes-Kaap.

 

 

Na die amptelike opening was almal gehoed en gepêrel vir die spoggerige Carmien (Rooibos) ‘High Tea’ wat moontlik gemaak is deur Keppies Spangenberg (Voorsitter VLV Kakamas) en wat aangebied is deur Marina Neft van Carmien. Wie het nou kon dink dat sjokolade die Red Mocca Carmien so goed komplimenteer?!

 

Gehoed en gepêrel vir die Carmien ‘High Tea’ ter viering van Sirkel Noordwes-Kaap en VLV Kakamas se 84ste herdenkings.
V.l.n.r.:  Mieke Bezuidenhout (Voorsitter VLV Oranjevallei en Sirkeltesourier); Erika Lubbe (die vorige VLVK-president en die huidige VLVK-argivaris); Retha Compion (Sirkelsekretaris); Wilna Nel (Sirkelpresident Sirkel Noordwes-Kaap).

 

Tydens die dinee het Sirkelpresident, Wilna Nel, Adele van Niekerk as Dankiepersoon van VLV Kakamas vereer vir haar bydrae tot die ontwikkeling van Huis Emanuel en ook vir haar toegewyde aanbieding van opleidingsklasse aan huiswerkers. Spreker, Anelma Steenekamp, praat oor die VLVK-tema: ‘Aanpasbare Vroue’. Wilna Nel stel die heildronk in op VLV Kakamas en Sirkel Noordwes-Kaap se 84ste herdenking.

 

V.l.n.r.: Wilna Nel (Sirkelpresident Sirkel Noordwes-Kaap), Adele van Niekerk (Dankiepersoon van VLV Kakamas) en Keppies Spangenberg (Voorsitter VLV Kakamas, gasvrou van die Konferensie en seremoniemeester tydens die dinee).

 

V.l.n.r.: Keppies Spangenberg (Voorsitter VLV Keimoes, gasvrou van die Konferensie en seremoniemeester tydens die dinee) en Wilna Nel (Sirkelpresident Sirkel Noordwes-Kaap) klink ’n glasie op VLV Kakamas en Sirkel Noordwes-Kaap se 84ste feesviering tydens die dinee.

Een van die hoogtepunte was ongetwyfeld die Tekkie Brekkie – ’n vlotrit met heerlike ontbyt in jeans en tekkies vroegoggend op die Oranjerivier.

 

In ’n ontspannende luim in tekkies en denims tydens ’n heerlike vroeë ontbyt op ’n vlot op die Oranjerivier.
V.l.n.r.: Elize de Klerk (afgevaardigde VLV Keimoes); Mariette Crafford (afgevaardigde VLV Oranjevallei); Erika Lubbe (die vorige VLVK-president en huidige VLVK-argivaris); Esme du Toit (Voorsitter VLV Marydale en Sirkelsaamroeper van Opvoeding en Kultuur); Almari Alberts (afgevaardigde VLV Marydale); Witieza Claasen (afgevaardigde VLV Augrabies).
Die Sirkelsaamroepers het d.m.v. hul interessante bydraes die konferensiegangers se aandag deurgaans geboei.

 

  • Kunste en Handvlyt (Mariaan Goosen)
  • Keppies Spangenberg demonstreer en leer konferensiegangers van Origami vou waarop elke konferensieganger ’n pragtige hartjie, wat as boekmerk gebruik kan word, en ook ’n skatlike kleiner hartjie, wat as ’n geskenkie gegee kan word, maak.

 

  • Opvoeding en Kultuur (Esmé du Toit)
  • Marscha Britz het met die geskiedenis van die FAK-lied, Sarie Marais, en die heerlike samesang uit die FAK-bundel konferensiegangers laat terugverlang na hul langvergete kinderdae.

 

  • Openbare Sake (Jean du Randt)
  • Ons besoek die kleremaakfabriek, wat gebruik maak van sublimation printing. Die fabriek is eiehandig met vernuf deur die twee entrepreunersusters, Mischanne van Rooyen en Izeldi de Bruyn tot stand gebring. Hulle demonstreer die proses van sublimation printing en vertel ook oor hul klerefabriek se interessante totstandkoming en funksionering.

 

  • Leefstyl (Elize de Jager en Elmarie van Niekerk)
  • ’n Stukkie Kaas – Tiaan Visser demonstreer hoe hy kaas maak waarna almal heerlik gesmul het aan die verskillende kaassoorte wat hy demonstreer het.

 

  • Landbou en Tuinbou (Christa Lochner)
  • Joey Bezuidenhout vertoon ’n interessante video van ’n vlug oor die Oranjerivier om die pragtige natuurtonele, kanale en die soorte boerderye op die walle van die rivier te illustreer.

 

  • Gesondheid (Retha Compion)
  • ‘Pounding’ – Linda Scheepers en Lourene van Niekerk laat konferensiegangers in die buitelug heel rustig en gemaklik met jeans en tekkies oefeninge doen. Wat ’n verfrissende- en loslit-ervaring!

 

Na ’n Koebaai-pakkie vir die pad het almal in die pad gespring huis toe!

 

Baie geluk en baie dankie VLV Kakamas o.l.v. Keppies Spangenberg vir ’n onvergeetlike Konferensie te same met Vlok en Welna Hanekom vir die gebruik van die pragtige Mas van Kakamas Wynkelder wat tot die spesiale atmosfeer bygedra het.

 

Voorsitter VLV Kakamas, Keppies Spangenberg, se verwelkomingswoorde bly my by: VLV is nie rykdom in die hand nie, maar rykdom in die hart!”

 

V.l.n.r.: Chrisna Coetzee (afgevaardigde VLV Prieska); Christa Lochner (Voorsitter Augrabies en Sirkelsaamroeper van Landbou en Tuinbou); Almari Alberts (afgevaardigde VLV Marydale);  Jacobie Botha (afgevaardigde VLV Prieska); Enell Loubscher (afgevaardigde VLV Marydale) in vrolike luim voor die stalletjie van die Aganang Oranjadal Projek met die pragtigste handgemaakte lapartikels deur die plaasvroue gemaak tussen oestye op die wynplaas.

 


V.l.n.r.: Sunette Louw (Voorsitter VLV Upington en begeleier tydens die Konferensie); Rina Brink (afgevaardigde VLV Upington);  Jacobie Botha (afgevaardigde VLV Prieska) en Chrisna Coetzee (afgevaardigde VLV Prieska) in ’n feestelike stemming tydens die dinee.

 

 


V.l.n.r.: Elize de Klerk (afgevaardigde VLV Keimoes); Elsabe Rossouw (Voorsitter VLV Keimoes); Ella Strauss afgevaardigde VLV Keimoes); Jeanetta Karstens (afgevaardigde VLV Upington) in vrolike luim tydens die dinee.


Wilna Nel (Sirkelpresident) oorhandig die trofee vir die Tak wat die meeste punte behaal het aan Voorsitter Sunette Louw (Voorsitter VLV Upington) wat dit namens die Tak ontvang het terwyl Elize de Jager (Sirkelsaamroeper van Leefstyl) toekyk.

 


Elmarie van Niekerk (Hulpleefstylsaamroeper van Sirkel Noordwes-Kaap) ontvang die trofee vir die mees uitstaande artikel (smuktassie) op die Konferensie.

 


Sirkelbestuur Sirkel Noordwes-KaapVoor v.l.n.r.: Sunette Louw (Voorsitter VLV Upington);  Wilna Nel (Sirkelpresident); Retha Compion (Sirkelsekretaris); Elize de Jager (Sirkelsaamroeper van Leefstyl); Erika Lubbe (die vorige VLVK-president en huidige VLVK-argivaris, asook lid van Sirkel Noordwes-Kaap).
Agter v.l.n.r.: Christa Lochner (Voorsitter VLV Augrabies en Sirkelsaamroeper van Landbou en Tuinbou); Esme du Toit (Voorsitter Marydale en Sirkelsaamroeper van Opvoeding en Kultuur); Elmarie van Niekerk (Hulpleefstylsaamroeper van Sirkel NWK); Mariaan Goosen (Sirkelsaamroeper van Kunste en Handvlyt); Keppies Spangenberg (Voorsitter VLV Kakamas).