Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 15 Maart 2017

 

Elpedtra – Huis van Verslawing 

 

Elpedtra is ‘n veilige huis vir verslaafdes. Wayne Dalton, die Pastoor, Willem Theart, finansiële bestuurder en Stoffel February, bestuurder van Elpedtra – Huis van Verslawing besoek die tak.  Wayne vertel dat daar ‘n behoefte was om dwelmverslaafdes in die gemeenskap te help.  Hulle het besluit om ‘n huis van veiligheid vir verslaafdes te skep.

 

Wayne Dalton, Riëtte Strydom, Willem Theart en Stoffel February

 

Verslaafdes word van die pad of uit tronke hier geplaas, voordat hul die samelewing kan ontmoet. Hulle moet opsetlik afgesonder word van familie.  Medikasie word deur klinieke eenmalig voorsien, daarna moet ‘n dokter dit voorskryf.  ‘n Boer het sy plaas tot hul beskikking gestel en die geboue is ingerig sodat daar vandag 40 persone gehuisves word.

 

Die program strek oor ses maande wat ‘n roetine insluit van fisiese werk in die tuine, diere kosgee, Bybelonderrig en vaardigheidsontwikkeling. Daar word 3 etes per dag voorsien, sonder enige staatshulp. Almal is vrywille werkers en die kos is skenkings.

 

Hier word hul menswees herstel om weer in die gemeenskap sinvol te werk. So bereik hul weer hul doel om dissipelskap uit te leef.

 

Stoffel beklemtoon dat verslawing nie onderskeid tref tussen klas, ras of sosiale identiteit nie. Dit kan enige een tref. Statistieke is baie hoog in die Weskaap.

 

Hoe kan ons as gemeenskap help?

1) Gebed

2) Sigbare liefde – gee ‘n geskenkie met verjaardae

3) Finansies

4)Aanvaar hul terug in die gemeenskap deur werkverskaffing.

 

Riëtte Strydom demonstreer hoe om jogurt te maak.

 

Riëtte Strydom demontreer tuisgemaakte jogurt.

 

Nog nuwe lede sluit aan en gaste is verwelkom.

 

 Nuwe gas, Elize de Bruin en Charmaine Basson