Sirkel: Weskus

Tak: Leipoldtville

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Elsabe Carstens

Datum: 15 Maart 2017

 

Op Woensdag 15 Maart 2017 was dit die Opvoeding en Kultuur vergadering by Leipoldtville.

 

Op die foto staan Augusta van Zyl(Opvoeding en Kultuur) Sameroeper
by Elsabe Carstens(Voorsitter) van Leipoldtville

 

 

 

 

 

 

 

 

Tammy van Zyl, Skoolhoof van die Christelike Privaatskool, Leipoldtville vertel die mammas en oumas hoe belangrik is speel in ‘n kind se ontwikkeling.  (5)

 

 

Op die foto luister die dames aandagtig na Mev. Tammy van Zyl. (7)

 

 

Elsabe Carstens, Voorsitter van Leipoldtville Tak wens vir Tannie Meraaai Visser geluk met haar tagtigste verjaarsdag.  Tannie Meraai is Leipoldtville se tweede oudste lid. (2)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elsabe Carstens bedank vir Angelique de Kock vir die maak van hulle jaarprogramme.  Die voorblad is ontwerp deur Loandri Conradie. (6)

 

 

 

 

Die dames wat tydens die onlangse Konferensie pryse ontvang het, word gelukgewens en Elsabe Carstens, Voorsitter, oorhandig hul bekers aan hulle.

 

Cecile van Zyl van Leipoldtville wen die Hepsibah Richter Trofee vir lekkers.Hier oorhandig Elsabe Casrtens haar trofee. Cecile het ook haar 40 jaar knopie ontvang. (1)

 

Anita Lalor ontvang die Toerien Trofee vir masjienwerk.  Hier oorhandig Elsabe Carstens haar trofee. (3)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leipoldtville Tak en Velddrif Tak deel die Rosa Lategan Trofee vir die meeste punte in Huisvlyt. (8)

 

 

 

Hier staan Anita Lalor by haar pragstuk

handewerk/masjienwerk. (4)