Sirkel: Noord-Oos Kaap
Tak: VLV Lady Grey
Portefeulje: Landbou
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 9 Maart 2017

 

VLV Lady Grey hou hul Landbou vergadering

 

Lady Grey tak het hul jaar in Februarie met ‘n administrasie vergadering afgeskop. Daar is ‘n nuwe bestuur gekies en die is as volg: Elize Cloete is as voorsitter verkies, Monique Duke is as sekretaresse herkies en Isabel du Toit as tesourier. Saamroepers is as volg: Tersia Cock: Leefstyl, Lydia Rothmann: Opvoeding, Henna Botha: Gesondheid, Rolanda Du Preez: Kuns en Handvlyt, Marieka Bekker: Openbare Sake en Christa Venter: Landbou.

 

 

 

 

 

 

Isabel Du Toit het ‘n demonstrasie gelewer oor hoe om met ‘n ou denimbroek sommer vinnig en maklik ‘n tuinvoorskoot te maak. Isabel het die denimbroek so gesny dat die agterkant van die broek die voorkant word en die sakke gebruik kan word om die tuingereedskap of penne en notaboek in te sit. Sy het ook gewys hoe jy die gordelgedeelte van die broek behou en dit met die knopie agter jou rug vasmaak om so dan die voorskoot vas te maak.

 

 

Isabel du Toit demonstreer die tuinvoorskoot.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tersia Cock het ons gewys hoe om soutbeskuitjies te maak wat baie lekker en maklik is. Sy het die blik met koekies omgestuur en dit het sowaar soos regte ‘salticracks’ geproe. Tersia het gewys dat as die deeg met ‘n handmenger geklits word, die deeg eers soos krummels lyk voordat dit dan geknie word, vormpies uitgedruk en met growwe sout of kruie gestrooi is. Daarna word dit dan gebak.

 

 

 

 

Tersia Cock wys hoe om die soutbeskuitjies te maak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maart was die Landbou vergadering wat deur Christa Venter gelei is. Die tafels was pragtig getooi in goingsakke met spatsels rooi blomme. Elk lid het ‘n skinkbord lappie gemaak uit goingsak en ‘n pakkie saad vir die herfs ontvang.

 

 

 

 

 

 

 

 

Lina Swanepoel van Lady Grey het die dames ‘n demonstrasie kom gee oor hoe om potte van lapsement te maak. Sy het eers bakke wat as vorms dien met plastiek sakke oorgetrek en met Vaseline gesmeer. Daarna het sy ‘n ou lap in ‘n slapperige sementmengsel gedoop en oor die bakke gedrapeer om sodoende die bak te vorm. Lina het gewys dat as die lap na ‘n dag of twee droog geword het, kan jy die binnekant van die pot en die rant dan met nog slap sement en ‘n kwassie afwerk om sodoende die pot te versterk en mooi rond te maak. Wanneer die pot dan heeltemal lugdroog geword het, kan jy die pot verf of tokreen en dan is die  pot reg vir gebruik.

 

Lina Swanepoel wys hoe om die lapsement pot te vorm.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ramona Joubert, ook van Lady Grey, het die dames gewys hoe om ‘n mooi prent uit ‘n tydskrif met terpentyn oor te dra na ‘n karton om sodoende ‘n verjaarsdagkaartjie te maak. Sy het gewys hoe jy die prentjie onderstebo op die karton sit, nadat jy dit eers mooi netjies uitgesny het. Dan neem jy watte wat in terpentyn gedoop is en vryf oor die agterkant van die prent totdat die prent deurweek is en die prentjie op die karton verskyn. Sy laat die karton dan droog word en daar het jy ‘n mooi kaartjie.

 

Elize Cloete, Lady Grey se voorsitter, het verslag gelewer oor die Konferensie wat 4 Maart in Queenstown gehou is. Lady Grey het algeheel tweede plek behaal met die kompetisies en ook die torfee vir blommerangskikkings ontvang. Lady Grey het ook 5 nuwe lede die jaar bygekry wat insluit, Elize Botha van As, Anne-marie Du Preez Elize Elers, Marina van den Berg en Anita Stanley. Baie welkom by ons tak dames!

 

Lady Grey tak is opgewonde oor ‘n besige jaar wat voorlȇ en nooi enige iemand uit om saam met ons te kom kuier elke tweede Donderdag middag om 3nm by die Blue Pepper restaurant in Lady Grey.