Sirkel:   Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum: 8 Maart 2017

 

Na die afgelope konferensie was daar goeie nuus om te deel met die dames.  Die tak het 3 pryswenners opgelewer.  Evelyn Dippenaar het ‘n eerste plek behaal in die Weefwerk en Hannetjie du Plooy ‘n derde plek in Hekelwerk. Dalene Hanekom het ook ‘n eerste plek behaal in die Plaasprodukte met haar sousboontjies.  Boonop het die twee afgevaardiges net positiewe kommentaar kom lewer.

 

Hannetjie du Plooy

 

Evelyn Dippenaar

 

 

 

 

 

 

 

Die spreker was Innes Linder van die plaaslike deli “Ottilia’s”.  Hy het kom demonstreer hoe om jou eie pasta tuis te maaak.  Hy maak slegs gebruik van Moorreesburg Meule se “stoneground” meel vir sy pasta.  Hy gebruik 2 koppies meel en 2 eiers wat hy met ‘n vurk meng, nie knie nie.  Daarna word die deeg in die yskas gesit vir ‘n halfuur.  Na die rustyd in die yskas, maak jy die deeg plat met jou hande en sit dit dan deur die pastamasjien. Na ‘n paar keer, hang jy die pasta op om uit te droog.

 

Volgens Innes was pasta die Italianers se manier om meel te bewaar.  Nadat die pasta gedroog is, is dit bruikbaar vir ‘n lang tyd.

 

Innes Linder

 

 

 

 

 

Almal was baie beindruk met die vinnige manier om jou eie pasta te maak en was sommer  geinspireerd om dit self te probeer.