Sirkel: Noord-Oos Kaap
Konferensie
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 4 Maart 2017

 

VLV NOK hou hul 85ste Konferensie te Queenstown

 

Sirkel Noord-Oos Kaap het hul 85ste bestaansjaar gevier op Queenstown by die NG – Kerksaal. Die saal was pragtig opgemaak in warm, vrolike kleure met plante wat orals staan. Die Queenstown Tak het die lede wat die dag bygewoon het, hartlik bedien met gevulde pannekoek en sap vir ontbyt.

 

Die verjaarsdagkoek was turksvyblare wat met vaniljekolwyntjies bedek was en het pragtig gepronk in die een hoek van die saal.  Die turksvyblaaie was darem met plastiek bedek!

 

Van vroegdag af het dames hulle blomme rangskikkings wat uit turksvyblare gevorm moes wees, met ywer aangepak.

 

Vriendskapskerse word aangesteek en die mooi gedekte tafels.

Ds. Marike Els van die NG Kerk, Queenstown het die dag geopen. Sy het gesȇ dat alle vroue se lewenslyne, as dit op papier uitgebeeld sou word, maar almal op- en af gaan. Almal het goed in hulle lewens wat hulle bly maak en ook hartseer maak, maar niemand se lewenslyn sal ooit dieselfde lyk nie want almal is uniek. Dis menslik om te wens dat jou lewe eerder soos ‘n vriendin s’n moet wees, maar eintlik weet jy glad nie wat in haar lewe aangaan agter geslote deure nie. Soos byvoorbeeld ‘n vrou met ‘n mooi lyf, eet dalk glad nie en sy het heel moonltik ook rekmerke. Die pad wat jy loop met jou uitdagings is uniek en dit is soos die Here jou gemaak het.  2 Kor. 3:18 sȇ dat ons almal weerspieȅl die heerlikheid van die Here. Dit is maklik vir mense om jou lief te hȇ as jy hulle eerste liefhet. Ons moet dus mense eerste liefhȇ en onvoorwaardelik  aanvaar, om so meer soos Jesus te wees.

 

Ds. Marike het ‘n lys van 10 dinge gelees wat elke vrou moet weet. Die drie wat die meeste uitgestaan het was:

  1. Almal het ‘n rol om hul maag as hul vooroor buk.
  2. Jy mag jouself ‘n prioriteit maak – nie ‘n opsie nie, laaste plek of agtergrond idee nie.
  3. Die Here het jou gemaak nes jy is – met jou persoonlikheid, voorkeure en voorkoms. Hy het gesȇ; ‘dit is goed!’ Leer om met jouself vrede te hȇ.

 

Jannie Rossouw, die eienaar van Queenstown PnP, was die dankie sȇ persoon uit die gemeenskap. Jannie is bedank vir sy oop hart en hand teenoor die VLV en die gemeenskap. Jannie ondersteun almal en ‘n lang lys is gelees oor al die ondernemings en organisasies wat Jannie ondersteun het in 2016.

 

Ronel van Zyl was Queenstown Tak se Dankie Sȇ persoon. Sy is vol kennis en altyd gewillig om enige iemand te help. Ronel is ook al vir 25 jaar aktief lid in die VLV. Ronel is ‘n baie gewilde en gerespekteerde persoon in Queenstown en haar vingerafdruk is orals te sien in die gemeenskap. Elaine de Wet en Antjie Corbet het hul 35 jaar kentekens ontvang. Die boom van die jaar, ‘n wilde perskeboom, is aan Rikie Judeel oorhandig om by die Laerskool Hangklip te plant, aangesien Queenstown se VLV hul vergaderings daar hou. Nan Botha van Ugie tak is verkies as hulpsaamroeper vir Leefstyl. Die Mossie Grobler beursskenking gaan aan Liezel Stier van Molteno tak. Liesel is in haar finale jaar van Besigheids Administrasie.

 

Karien van Schalkwyk, VLV Kaapland se president het die verjaarsdagvieringe bygewoon en ook die dames toegespreek. Haar boodskap was dat Vrouens buigsaam is. Jy moet gewillig wees om iets aan te pak wat jy nog nooit voorheen probeer het nie. Sonder aanpasbaarheid en buigsaamheid is daar geen innovering en verandering nie. Aanpaspaarheid is om uit jou foute te leer. Die sleutel tot sukses is dus buigsame optrede. Aanvaar verandering deur vorentoe te kyk.

 

VLV NOK Bestuur en sprekers.

Ds. Chris Erasmus van Dealesville NG Gemeente was die gasspreker. Ds. Erasmus sȇ dat jou aandag meer werd as goud is. Daar waar jou aandag is, daar is jou moontlikhede. Mense wat in negatiwiteit vasgevang is, hoor en sien niks, want hulle aandag is nie daar nie. Ons is hard op onsself oor ons eie liggame omdat ons ‘n mentaliteit van vergelyking het. Veralgemening is ook belangrik sodat ons kan werk en funksioneer, anders sal ons elke keer ‘n rekenaarprogram moet leer gebruik omdat ons nie die inligting gestoor het die eerste keer nie. Moenie oortuigings oor mense en jousself vorm wat nie waar is nie. Mense wat oortuig is iets is moontlik om te doen, vind ‘n manier om dit te doen. Wees spesifiek en pas jou aandag op. Wat saak maak is of jy glo dat dit moontlik is en of dit vir jou die moeite werd is. Die belangrikste in jou lewe is die boksie wat die Here vir jou gegee het om mee te maak wat Hy oor jou gedroom het.

 

Sirkel NOK het ook besluit om die jaar ‘n jaar van Omgee Vroue te wees en ‘n verskil in die gemeenskap en in hul takke te maak. Dus word lede uitgedaag om hulle tyd en liefde te skenk, nie net fondse nie. Met die konferensie moes elke persoon wat die dag bygewoon het, twee pakkies pasta bring sodat die VLV NOK dit aan ‘n organisaie in Queenstown kon skenk. Volgende jaar gaan die Sirkel blikkies kos aan die Elliot ouetehuis skenk. Antointte van Pletzen, VLV NOK se President, het in haar jaarlikse verslag gesê dat die sirkel 8 takke het met 125 lede en die gemiddelde bywoning van lede is 84%.

 

Kate Webster van Vulpro het die Landbou aanbieding behartig en gepraat oor die 9 spesies aasvoȅls wat in Suiderlike Afrika voorkom. Kate het genoem hoe hulle in samewerking met ESKOM en Windstasies voȅls reabiliteer wat seergekry het. Wanneer ‘n aasvoȅl sy vlerk gebreek het, herstel dit nooit weer 100% nie en moet hulle die voȅls versorg. Kate het ook uitgebrei oor die belangrikheid van ‘n restaurant vir aasvoȅls waar ‘n boer dalk elke keer op ‘n spesifieke plek ‘n karkas van ‘n bees of skaap kan los, sodat die aasvoȅls kan feesvier.

 

Konferensie artikels.

 

Die prysuitdeling is die hoogtepunt van die dag en die jaar was Dordrecht die algehele wenner, met Lady Grey tweede en Ugie 3de. Die blomme beker het aan die Lady Grey tak gegaan. Die blomme trofee word gedeel deur Retha Peens van Queenstown en Irma Davel van Molteno.

 

Nan Fourie van Ugie het die Leefstyltrofee vir haar beanie ontvang. Irma Davel van Molteno het die Kunstetrofee ontvang vir haar tokreen boekstut asook skrapbooking en Anna van Niekerk van Dordrecht het die Landboutrofee ontvang vir haar uitsonderlike Birdfeeder.

 

Die dag is afgesluit met die sing van die VLV – Lied en die uittog van die vlae. Ugie het die dames op ‘n vrolike wyse uit genooi na die 86ste Konferesie in Ugie 2018.