Sirkel: Namakwaland
Tak: Nieuwoudtville
Portefeulje: Gesondheid
Berriggewer: Erika Kotzé
Datum: 3 Maart 2017
Gesondheid het Operation Smile voorgestel aan Nieuwoudtville
Nieuwoudtville VLV se Gesondheid portefeulje het op 3 Maart 2017 in die kerksaal ‘n praatjie aangebied om lede in te lig oor die belangrike werk wat gedoen word onder mense met gesplete haaslippies.
Uitnodiging
Billy en Melanie Oosthuizen was die sprekers. Daar is meer vertel van:
- OPERASIE 45 SUID AFRIKA– ALEX EN OFENTSE
- ORGANISASIE SE VISIE
- ‘N GLIMLAG VERANDER ALLES
- MADAGASCAR 2015 – BILLY
- CHANGING LIVES ONE SMILE AT A TIME
Melanie en Billy Oosthuizen saam met Elmarie Spangenberg (middel)
Elmarie en die res van die bekwame gesondheid-span het ‘n smaaklike 3-gang aandete en veiling aangebied ten bate van Operation Smile en ‘n pragtige bedrag van R11430.00 ingesamel.
Kerksaal
Vir meer inligting oor Operation Smile en vir donasies:
The Waverley Business Park, Unit 17-103/4
5 Wyecroft Road, Observatory
Cape Town, 7935
Tel: +27 21 447 3608 – Fax: 086 407 5060
www.southafrica.operationsmile.org
Lulu Kotzè en Hettie McGregor het VLV Ere-Lidmaatskap verkry.
Hettie en Lulu ontvang Ere-lidmaatskap
Lede het deelgeneem aan die volgende takkompetisies: ‘n Foto van ‘n baba; Rankskikking op ‘n skinkbord vir ‘n siek persoon; ‘n Mooi gevoude servet vir ‘n geleentheid, lap of papier; Suurlemoen blokkies, Feta kaas.
Leave A Comment