Sirkel: Weskus

Tak: Clanwilliam

Beriggewer: Nicoline Brown

Datum: 1 Maart 2017

85ste Verjaardag

 

Dekor van die Konferensiesaal by die Ingang

 

Die verwelkoming en bekendstelling word deur mev. Estelle du Plessis, Sirkelpresident gedoen.

Ds. Jacques Greyling open die Konferensie en lees uit Hebr. 12 – Hou jou oog op die Here.

Kersseremonie:  Mevv. Rosa Lategan en Louwna Hoving, oud Sirkelpresidentes, steek die Kers van Herinnering en die Vrienskapskers aan. Die ses saamroepers steek ook elkeen ‘n kers aan vir elk van die ses studierigtings.  Frances Hendricks sing hierna  I have a dream.

Groeteboodskap: Mnr. Willie Nel(Rooibostee-produsent), lewer ‘n kort groete- boodskap.

Mev. E. du Plessis lewer haar presidentsrede en –verslag.

 

Hierna word die volgende  aanbiedings deur die Saamroepers gedoen:

  • Landbou & Tuinbou:

Spreker:  Mej. Maristha Slabbert – onderwerp: Rooibostee

Die vraag na groen rooibostee neem toe.

  • Leefstyl:

Saamroeper: Mev. Joline Russouw – onderwerp:  Nuwe kombuisapparaat

Kompetisiewenke vir 2018: Mev. Elizabeth Cloete

  • Opvoeding en Kultuur:

Rieldansers van Elizabethfontein Primêr lewer pragtige rieldanse!

Hul leuse is : “Riel is in ons siel”

 

Rieldansers

 

  • Openbare Sake:

Saamroeper:  Mev. Nicoline Brown – onderwerp: Wenke vir jou volgende toer.

  • Gesondheid:

Spreker:  Mej. Lize Hanekom – onderwerp:  Die gevare van suiker op liggaamlike gesondheid. Hier word spesifiek op gevare van fruktose op die lewer gewys.

  • Kunste & Handvlyt:

Saamroeper:  Mev. Marlene Dirkse v Schalkwyk – onderwerp: Fotografie –

Wenke hoe om foto’s van persone te neem soos professionele fotograwe.

 

GASSPREKER:  Me PORCHIA ADAMS – AGRI EXPO

Tema:  Aanpasbare Vroue / Adaptable Woman

Sy bespreek al die verskillende rolle van vrouwees; onder andere om ma, ouma, huweliksmaat, opvoeder, sielkundige, verpleegster en raadgewer te wees.  In al hierdie verskillende rolle moet die vrou aanpasbaar wees.

 

Me Porchia Adams – Gasspreker en Me Estelle du Plessis – Sirkelpresident – Sirkel Weskus

 

PRYSUITDELING:  Mev. Denise Bester, visepresident behartig die prysuitdeling.  Die pryse word oorhandig deur mev. Louwna Hoving.

 

 

 

 

 

 

 

Prysuitdeling : Mev Louwna Hoving oorhandig die Trofee aan Mev Mary-Ann v Schalkwyk(voorsitter van Porterville) vir tak met die meeste punte in totaal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SIRKELBESTUUR:  2017

Sirkelpresident:  mev. Estelle du Plessis

Visepresident:  mev. Denise Bester

Sekretaris:  mev. Elsabe Carstens

Tesourier:  mev. Sinnie Koegelenberg

Saamroepers:           Gesondheid : mev. Denise Bester

Opvoeding & Kultuur : mev. Marié Grobbelaar

Kunste & Handvlyt : mev. Marlene Dirkse v. Schalkwyk

Landbou & Tuinbou : mev. Maggie Enever

Leefstyl : mev. Joline Russouw

Openbare Sake : mev. Nicoline Brown

 

Spesiale Verjaarsdagvieringe:

Sirkel Weskus is vanjaar 85 jaar oud.  Mevv. Lategan & Hoving, oud-sirkepresidente, lewer  ‘n terugblik op hoogtepunte van die VLV se werksaamhede in die Sirkel se bestaan.

 

Afskeidswense:

Mev. Muggie du Toit, Sirkelsekretaris het verhuis en het haar 9 jaar as Sirkelsekretaris voltooi.  Sy word deur mev. Estelle du Plessis bedank vir getroue jare van diens aan die Sirkel en sal voorwaar baie gemis word.

Konferensie word afgesluit deur samesang van die Volkslied en uitdra van die vlae.

‘n Vriendskapskring word gevorm en almal sing saam Sal ons ou kennisse ooit vergeet.

 

Vriendskapskring + mooi dekor in die saal

 

Konferensie 2018 sal deur Eendekuiltak  aangebied word.