Sirkel: Swd
Tak: Kleinbrakrivier
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Marietjie Bothma
Datum: 28 Februarie 2017
Dr Arnike Redelinghuys, bekende Homeopaat van Mosselbaai, het die lede wenke gegee om gesond te eet en ook die belangrikheid om ‘n positiewe lewens ingesteldheid te beoefen.
Die tafels was versier met groente, vrugte en ‘n welriekende rangskikking van laventel, roosmaryn, sitroen verbena en spekboomtakkies. ‘n Vrugtesosatie en ‘n groentesosatie was saam met koffie en tee bedien.
‘n Persiese matjie ter waarde van R400, geskenk deur Annalene de Swart, eienaar van Spar in Grootbrak, is gewen deur Letitia Steyn van ons tak. ‘n Mooi bedrag van R1200 is geïn vir fondsinsameling deur lootjies teen R5 elk te verkoop.
Leave A Comment