Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 23 Februarie 2017

 

Leefstyl se Renetha Jurgens het vir Helouise Erasmus van MIAMI-produkte gekry om hul geblikte items te demonstreer. (0828028824 / [email protected]). Wat ‘n fantastiese bondel vreugde is hierdie vrou. Sy moet haar lewenspad tot nou met jou deel om te verstaan hoekom sy so passievol is oor hulle produkte.  Hul het net een fabriek in Suid-Afrika en dit is in Letsitele geleë.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Helouise maak ‘n heerlike rysgereg met relish in.

 

 

 

 

 

 

Hul produkte is op Pick ‘n Pay, Checkers en selfs Shoprite se rakke. Kyk net uit  vir Miami se handelsmerk en jou smaakknoppies sal geprikkel word met elke blikkie of bottel se oopmaak. Probeer gerus hul mango atjar en Boerie relish.

 

 

 

 

 

 

Na al die liplekker idees het Ester Wolmarans ons met Switserse klokkespel betower. ‘n Besonderse gawe wat hierdie vrou uitleef.

 

 

Marina Hancke en Paula Burger by ons maandelikse Marktafel

 

 

 

 

 

 

 

 

Hierdie gelukpak van MIAMi was te wen met die lootjie.