Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 21 Februarie 2017

 

Antoinette le Roux, ‘n VLV-lid asook ‘n lid van die Tygerbergse Voëlklub, het die lede oor tuinvoëls kom toespreek.  Met behulp van ‘n PowerPointaanbieding kon ons so baie leer oor ons gevleuelde vriende in ons tuine.

 

Sy vertel dat die Kruisduif graag op patio’s nes maak en dat die Jan Frederik, ‘n monogame voël, 17 jaar oud kan word en verdryf die ander voëls in ons tuine.  T.s.v. die droogte, kry die Lyster steeds insekte om te vreet.  Die Tiptol, wat ‘n vrugtevreter is, vang ook graag insekte en die Kwikkies jaag die Mossies weg.  Hier is baie Mossies en Kanaries in ons omgewing.

 

Die Vinke en Wewers lyk baie dieselfde.  ‘n Interessante feit is dat hulle nesopening aan die onderkant is om sodoende te verhoed dat slange daar kan inkom.  Ons kry ook die Swartkeelgeelvink en Rooivink in ons omgewing.  Die mooie Suikerbekkies is volop, veral die Oranjeborssuikerbekkie.

 

Ons kry ook uile in die omgewing, o.a. die Gevlekte Ooruil en die Nonnetjie uil.  Antoinette noem die uile ons “pest control operators”.

 

Na hierdie vergadering kyk ons almal met ander oë na die besoekers in ons tuine.

Karin Marais (sameroeper) en Antoinette le Roux (spreker).

 

 

7 lede het ook hulle knopies ontvang.  V.l.n.r. Leonie Theron 15jr, Rose Heyne 15jr, Tina Muller 30jr, Sarina van Rensburg 50jr, Alet Colyn 25jr, Annemarie Kable 25jr en Wera Gerstner 40jr.