Sirkel: SWD

Tak: Sedgefield

Portefeulje: Landbou

Beriggewer: June Lötz

Datum: 17 Februarie 2017

 

VLV Sedgefield se Landbou skop af met mening

 

Sedgefield vroue vergesel deur gades en metgeselle, het besoek afgelê by Aloe Ferox, ‘n aalwyn plaas naby Albertinia. Hier het Gillian Ambachtsheer, vrou van die plaaseienaar se kleinseun, haar liefde vir die plaas en alles wat daaruit voortspruit, met hulle gedeel.  Hulle kon meer leer oor die plaas, die aanplant van Aloe Ferox plante, hoe die kosbare bitter sap afgetap word en van al die natuurlike produkte wat van die indrukwekkende plant gemaak word. Daar was ook gulde geleentheid vir inkopies. Elke gas het die fabriek verlaat met ‘n nuwe agting vir ‘n aalwyn en ‘n geskenkie in die hand.

 

Gillian Ambachtsheer deel haar passie vir Aloe Ferrox

 

VLV Sedgefield leer meer oor Aloe Ferrox

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vonn Veldmann is dapper genoeg om te proe

 

 

 

 

 

 

 

 

Van daar het die groepie gaan druiwe pluk op die idilliese landgoed, Jakkalsvlei, net buite Herbertsdale. Die wingerde het vol pragtige, uitgeswelde druiwetrosse gehang en die VLV groep het van hierdie geleentheid ‘n onvergeetlike ervaring  gemaak. Daar is genoeg gepluk vir konfyt en sap vir kook en eet. Selfs genoeg om uit te deel vir vriende en familie. Sleg R7,50 per kg.

 

VLV Sedgefield pluk druiwe by Jakkasvlei Landgoed

 

Pragtige, uitgeswelde druiwetrosse word gepluk.

 

Sedgefield VLV se landbousameroeper, Barbara de Jager, belowe dat die Landbouvergadering in Maart ewe opwindend sal wees.