Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 16 Februarie 2017

 
Ons het ‘n baie interessante praatjie gehad wat ds. Reynold Fourie met ons
kom deel het in verband met tieners. Hy het veral klem gelê op die
verskillende fases vanaf die baby boomers tot die generasie Y, wat
vandag se tieners is. Dit was baie insiggewend hoe hy daarop gewys het
dat ons wat nou heelwat ouer is, die tieners van vandag glad nie verstaan
nie, en nie weet hoe om hulle te hanteer nie. Die tieners is gebore in die
tegnologiese era en alles is vir hulle vanselfsprekend.

 

Op hierdie foto is ds Reynold saam met die Opvoeding en Kultuur groepie.

 

 

 

     Ds Reynold Fourie