Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Beriggewer: Mariana van Pletzen

Datum:           15 & 16 Feb. 2017

 

Op 15 en 16 Februarie 2017 het ons gaan kuier by Veronica van Vuuren en Gerrie Upton in Bloemfontein, twee getroue VLV lede wat daarheen verhuis het. Ons het die dag afgeskop met `n ontbyt uit die boonste rakke.  Dankie vir Bloem Water se donasie. Ons vergadering het begin en Christell Venter, ons voorsitter, oorhandig Gerrie Upton se 45 jaar VLV diensknopie.  Wat `n wonderlike voorreg en prestasie!  Nogmaals geluk, wat `n inspirasie en mooi voorbeeld vir ons almal.   Daarna kon ons meedoen aan `n Battenberg kantdemonstrasie, aangebied deur Connie van Pletsen.

 

Voorbeeld van Battenberg kant.

Die middag lê ons besoek af by Cheetah Experience.  Hoe mooi hierdie diere is, besef mens eers werklik as mens so naby hulle is! Die aand eet en kuier ons lekker by Ocean Basket.

 

Mariana van Pletzen, Hilda v/d Walt, Philna van Pletzen, Veronica van Vuuren, Marlene Lategan, Gerrie Upton en Christell Venter by die Cheetah Rehabilitasie Kamp.

 

Donderdag besoek ons die Botaniese Tuin.  Ons verlustig ons aan die pragtige ou bome en mooi plantegroei, veral ná die onlangse reën.  Wat besonders is, is dat ‘n deel van die tuin uitgelê is soos die land se provinsies, en elke provinsie het sy eie unieke vetplant versameling.

 

Christell Venter, Hilda v/d Walt, Philna van Pletzen & Gerrie Upton in Bloemfontein se Botaniese tuin.

Volgende was `n besoek aan die Oliewenhuis kunsgalery waardeur ons gestap het. Na nog `n paar draaie in die winkels het ons opgepak en ons pad terug aangepak.