Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje:  Opvoeding & Kultuur

Beriggewer:  Elsa Hanekom

Datum:  15 Februarie 2017

 

 

Ons skop die nuwe jaar op gepaste wyse af deur meer te leer oor die geskiedenis en doelstellings van die VLV.  Mev Thea Basson, ons gasspreker, is ‘n lid van ons sustertak, Slot van die Paarl.  Sy het in 1965 aangesluit by die VLV se Tulbagh-tak waar haar man geboer het.  Mev Basson vertel ons meer oor die ontstaan, samestelling en doelstellings van die VLV.

 

 

Op ‘n meer persoonlike vlak vertel sy ook hoe die VLV betrokke was by ‘n projek wat sy begin het toe hulle nog op Tulbagh gewoon het.  Sy het begin deur plaaswerkers op hul plaas te leer lees en skryf en later het plaaswerkers van omliggende plase ook belangstelling getoon.  Vir 19 jaar het sy ongeletterde volwassenes leer lees en skryf en dit nadat sy die projek begin het met ‘n bydrae van die VLV.  Sy vergas ons tussendeur met staaltjies van haar VLV ervarings.

 

Sy sluit af deur te sê dat drie woorde vir haar die VLV opsom, naamlik eenvoud, gehalte en eerlikheid.

 

 

 

 

 

Mev Gonny du Plessis, Voorsitster, vertel ons meer oor Paarl-sirkel en ook die geskiedenis van ons eie tak.  Die tak se vaandel is ‘n ontwerp van ‘n ets deur die bekende Paarlse skilder, David Botha.  Die eertydse Voorsitster, Rykie Malherbe, het die eerste vaandel gemaak vir Kongres in Kimberley.  Die vaandel het egter onderweg na Kimberley verlore geraak.  Die tweede vaandel is later deur lede van die tak uit vilt gemaak en pryk nog op elke takvergadering.

 

Gonny du Plessis, nuwe voorsitter van Suider-Paarl-tak, by die gasspreker, Thea Basson.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tafelrangskikking met blomme vanuit die omgewing simboliseer die VLV embleem.

 

 

Die takvaandel.