Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Mia
Datuma: 15 Februarie 2015
Dit was ‘n lekker vol vergadering. Dankie aan Pick & Pay se Mariska Bester en Natalie vir die ongelooflike aanbieding met julle produkte. Ons is bederf met ‘n verskeidenheid ontbyt items, almal met jogurt as een van die bestanddele. Ons het ook elkeen ‘n Kook & Kuier tydskrif ontvang.
Steffi van Luv’it, Malmesbury, het ons kom wys hoe om al ons ou huisgoed op te kikker met haar viniel plakkers. Plakkers met ‘n deurskynende agtergrond vir glas en spieëls en plakkers wat lyk soos die mooiste teëls om te plak op bestaande teëls, mure, meubels en nog vele meer.
Miwette Basson jy is altyd ‘n wenner met jou mode tendense.
As jy hierdie vergadering gemis het maak seker jy is by die volgende een!
Lede kuier geselligsaam
Steffi van Luv’it
Een van Steffi se
artikels wat met plakkers
versier is.
Leave A Comment