Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 15 Februarie 2017

 

Dorette Hanekom ons spreker “Die lewe na gastriese omleiding” het almal weer opnuut laat besef gesond eet is ‘n leefwyse. Sy is ‘n finansiële klerk en gelukkig getroud vir 15 jaar. Sy het met haar huwelik 150kg geweeg en jaarliks gewig opgetel.

 

Dorette Hanekom, die spreker.

 

Daar was geen diëet wat sy nie aangepak het nie, maar onsuksesvol. Sy nader ‘n dokter wat haar as ‘n uitstekende pasiënt vir gastriese omleiding aanbeveel.

Die operasie word nie medies goedgekeur nie, en kos sowat R230 000. Dit is nie moontlik vir almal met hierdie toestand om die operasie vrylik te doen nie.

 

 

Sy weeg 227kg met ondersoek by die dokter. Dit was ‘n groot besluit, want voor die omleiding moet sy eers 30kg verloor. Dit was suksesvol en die operasie is voltooi. Sy moet elke dag ‘n klein porsie vis of hoender eet saam met drie vry groentes om haar maag wat nou baie kleiner is stadig te voed.

 

 

Sy eet normaal na twee jaar en het reeds 150kg verloor. Sy hou by ‘n gesonde leefstyl en het soveel meer energie. Haar hele lewe is positief, en het sy pas ‘n borsreduksie ook gehad om” in shape” te kom.

 

 

Mariska Visser (32), ‘n gas het ook meegedeel dat sy 45kg in ‘n jaar verloor het deur gesond te eet en nou voel sy baie beter.

 

 

 

 

 

 

Mariska Visser

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So sluit daar nog ‘n nuwe lid aan. WOW!!

 

Nelmari van Niekerk, ons nuwe lid.

 

 

 

 

Ons gaste vir die dag.

 

 

 

 

 

 

 

‘n Ruiker uit vrugte