Tak: Victoria-Wes
Sirkel: Noord-Karoo
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 11 Februarie 2017
Tydens die Kuieroggend by die pas afgelope plaaslike landbouskou het Hanli Joubert, van die Mond- en Voetskildersvereniging die gaste meer vertel oor haarself en die organisasie. Sy het ook vir die gaste demonstreer hoe sy met haar mond skilder. Volgens Hanli moet ‘n mens nogal redelike sterk kake hê om die kwas te beheer.
Hanli is ‘n student by genoemde vereniging en het ook ‘n beurs by hulle. Die vereniging bestaan tans uit vier-en-dertig skilders en almal moet vooraf deur ‘n keurproses gaan. “Daar word van elke student/lid verwag om jaarliks tussen drie en vyf skilderye te voltooi en in te handig,” vertel sy. “Kontrakte word elke drie jaar hernu indien jou werk vordering toon.”
Die gaste het almal groot waardering gehad vir Hanli se demonstrasie van hoe sy skilder. Sy was ook entoesiasties om vrae te beantwoord en almal teenwoordig het die oggend baie inspirerend gevind.
Hanli Joubert besig om te demonstreer hoe sy met haar mond skilder.
Die skildery waarmee sy tans besig is, is van haar broerskind.
Anna Vermeulen en Elma Visagie besig met die blomme vir die oggend.
Belangstellendes gesels met Hanli
Leave A Comment