Sirkel: Weskus
Tak: Vredenburg
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Ann Meyer
Datum: 8 Februarie 2017
Die dames het sanitêre doekies en sepies gebring, wat ons toe besluit het om aan die Vredenburg Hoërskool te skenk, want daar is ‘n groot behoefte vir die artikels. Ann Meyer het die doekies en sepies aan Juffrou Nabila, ‘n onderwyseres by die skool, oorhandig tydens ons Gesondheidsvergadering.
Daarna het Sister Bendine Joubert, van ons plaaslike Hospice, ons meer kom vertel van hulle werksaamhede in ons streek. Hulle bedien die volgende dorpe: Vredenburg, St Helenabaai, Saldanha, Langebaan en Hopefield.
Leave A Comment