Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 7 Februarie 2017

 

Louna Spies, Susan Horn (gasspreker), Susie Spies, Frouwien du Toit

 

Die jaar skop af met ’n tokreendemonstrasie deur Susan Horn, waterbesparingswenke, interessante gesondheidsinligting, nuus oor die onlangse brande en ontvangs van ons nuwe, goedversorgde jaarprogram. Ons hoor hoedat ons lede betrokke was met die versorging van die brandslaners en voorrade gaan aflaai het.

 

Tydens die demonstrasie leer ons hoe om met die nuwe mengsel van tipe gom en verf te werk. Tokreen is baie veelsydig, waterdig, werk vining en maklik, raak leeragtig of kliphard droog en kom in 8 kleure voor.

 

Interessante feite oor die mens se liggaam:

  1. Dit neem 4 – 6 maande vir die vingernael van ’n gesonde persoon om heeltemal uit te groei.
  2. Die mens het 46 chromosome, ertjies het 14 en krewe 200.
  3. Daar is ongeveer 96 000 km bloedvate in die menslike liggaam.
  4. Seuns is meer geneig as meisies om kwaai aknee te ontwikkel.
  5. As die minerale uit ’n been verwyder word deur dit oornag in ’n 6%-soutsuuroplossing te week, sal dit so sag word dat jy dit kan knoop.
  6. Een uit elke 20 mense het ’n ekstra rib en dit is meestal mans.
  7. Soos vingerafdrukke, het elke person ’n unieke tongafdruk.

 

Fia la Grange, links, ontvang haar 35-jaar knopie van Frouwien du Toit, Voorsitter