Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 2 Februarie 2017

 

Nieuwoudtville VLV se Opvoeding en Kultuur saamroeper, Betsie Vollgraaff, het op 2 Februarie 2017 in die kerksaal ‘n insiggewende vergadering aangebied.

 

Heidi van Niekerk het lede gemotiveer met ‘n video vertoning asook ‘n vasvra kompetisie.

 

Die rieldansers van Nieuwoudtville het ‘n vertoning gelewer en meer inligting gegee oor hierdie kultuur aktiwiteit eie aan hierdie area.

 

 

Erika Kotzé het ‘n 10-punt plan praatjie aangebied as ‘n hulpmiddel om te droom en dit neer te skryf. Dit kan kort- of langtermyn doelwitte wees. Vind ‘n balans tussen persoonlike, finansiële, ander mense en werk. Beplan vir wat bereik wil word; wat nie meer van toepassing is nie; oorkom struikelblokke en gebruik bronne soos talente. Die akroniem “SMART” is van toepassing: Specific, Measureable, Achievable, Realistic and Time. Wees suksesvol!

 

Mandie Kotze het ‘n maklike, eenvoudige en goedkoop metode gedemonstreer om ‘n voetmatjie te weef.

 

Heelwat van die lede het entoesiasties ingeskryf vir die 2017 konferensie kompetisie items.