Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Datum: 2 Februarie 2017

Beriggewer: Alta Britz

 

In Worcester is roomys en sjokolade sous die regte ding vir die hitte van Februarie!!

 

Martina Fouche, ‘n lid van die tak neem ons saam met haar op die 256 km Tankwa Camino staptog. Sy het dit gedurende Septemer 2016 oor 10 dae gestap. Sy het dit vir ‘n  fondsinsameling vir die opleiding van versorgers van Sean Kelly Sentrum vir multi gestremdes gedoen. Met die pragtige musiek as agtergrond, het ons glad nie moeg geword nie!!               

  

Alta Britz, lid van die tak, moedig lede aan om hul laaste lêer in orde te kry.  ‘n Geordende lêer met al jou belangrike dokumente in is ‘n bedagsame erflating waarvoor jy met groot waardering onthou sal word. Dit behels afskrifte van jou geboortesertifikaat, huweliksertifikaat, kinders se geboortesertifikate, jou testament, al jou kredietkaarte, bankrekeninge, polisse, begrafnisdekking, mediese dekking, skuldeisers en rekeninge, ja, selfs die televisielisensie.  

 

 Sy vra ook die vraag: “Wanneer begin ek oppak”?  As geen fisiese omstandighede my dwing nie, hoe besluit ek wanneer dit die regte tyd is om te begin kyk vir ‘n aftreeoord? As die eerste skete sy kop begin uitsteek, mag dit dalk te laat wees om jou naam op die waglys by ‘n oord van jou keuse te kry.

 

Kompetisies vir die jaar is vryhandappliekwerk en Australiese kruissteek. Alta wys kortliks hoe dit gedoen word. Sewe lede stel belang om ‘n werkswinkel in Australiese kruissteek by te woon.

 

Alta Britz  – Vryhandborduurwerk

 

Gerda v.d. Vyfer  wys hoe om te “speel” met brooddeeg.  Sy maak ‘n pragtige traliewerk broodmandjie vir slaai. Sy wys ook hoe om vrugte ysblokkies  te maak. Enigiets van snytjies aarbei, dun repies komkommer, vars roos- en mentblare kan gebruik word. Vul die ysbakkies met vrugtesap of water. Ys is helderder as afgekoelde kookwater gebruik word.

 

Gerda v.d. Vyfer – Brood traliewerk

 

Noudat inkleur ‘n groot gunsteling vir grootmense is, kan jy gerus ook die inkleurpotlode vir jou gesig nader trek. Daar is nou kryte, penne en potlote vir letterlik elke deel van jou gesig. Gerda  gee wenke hoe om jou gesig in te kleur. “Jou gesig is jou skilderdoek”.  Versier en vul dit in met kleur, tekstuur en die perfekte afwerking.

 

Susan du Plessis behandel die Voël van die jaar – Die Swart aasvoël. Al is die aasvoël mooi van lelikheid, is  hy die koning van die aasvoëls!

 

Gwen Engelbrecht, Hermien Kruger en Matilda Barnardo sluit as lede aan.

 

Bettie Swanepoel, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, bedank vir Martina Fouche