Sirkel: Tygerberg

Tak:   Brackenfell

Beriggewer:  Lettie Van Wyk

Datum:  2 Februarie 2017

 

Die bestuurslede van Brackenfell VLV het behoorlik uitgehang om hierdie spesiale verjaardagviering iets baie besonders te maak.

 

‘n Groepfoto van almal teenwoordig.

 

Ds. Wouter Olivier se bemoedigende openingsboodskap het gehandel oor Maria, moeder van Jesus, na aanleiding van die tema van die jaar: AANPASBARE VROUE.

 

Ds. Wouter Olivier bring sy boodskap.

 

Mev. Ita van der Merwe, Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg, het die heildronk ingestel op Brackenfell.   Die ou dame het mooi 70 jaar oud geword, en ons glo dat die tak nog meer sal gedy in die jare wat kom.

 

Mnr. Jeanne van Eyssen met 2 inwoners van Huis De La Bat, die tehuis vir Dowes in Bellville, was van ons eregaste.   Almal het Dirkie se sang baie geniet.   Hy het begin met DIE LIEFDE VAN JESUS, en toe later afgesluit met DIE LEKKER OU JAN, om ons almal in ‘n feestelike stemming te plaas.   Bettie, wat al in haar tagtigs is, is ‘n stapper, en stap al jare die wêreld plat.   Sy is doof en praat swaar, maar sy het vertel van waar sy al orals gestap het, hier en oorsee.

 

 

 

 

 

 

 

Dirkie sing vir ons, sonder begeleiding.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sheila Burger het ‘n verjaardagkoek gebak en pragtig versier.   Net so mooi soos dit van buite gelyk het, net so lekker het die koek gesmaak.

 

Die verjaardagkoek

Ons het heerlik gesmul aan die eetgoed en vonkelwyn en vonkeldruiwesap daarmee saam geniet.

 

Daar was ook ‘n uitstalling van foto-albums wat deur die jare saamgestel is.   Hier is Brackenfell se vaandel by van die foto-albums.

 

Bettie vertel van haar wedervaringe as stapper.