Sirkel: Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Martelize Britz

Datum:  1 Februarie 2017

 

Die eerste vergadering van die jaar was ‘n blye weersien van al die VLV vriendinne. Eerstens is daar vrienskapsmunte ingesamel en daarna is die spreker, Sannika Bester van Cloudnest, voorgestel deur Henriette Kotzé.

 

Sannika se onderwerp was “ tegnologie vir oud en jonk”.  Sy het gewys hoe om vele basiese funksies van die rekenaar te gebruik asook foto’s af te laai van jou kamera of selfoon.

 

Sy het die dames ook meer van die Cloud vertel en 3 voorbeelde daarvan gegee, bv. www.Dropbox.com, www.Onedrive.com en www.wetransfer.com waarmee groot dokumente gestuur kan word.

 

     Henriette en Sannika

 

Volgens Sannika moet ‘n mens selfvertroue hê met tegnologie omdat jy niks sal breek wanneer jy iets verkeerds doen nie!

 

Sy stel ook voor dat ‘n mens youtube.com gebruik as jy iets wil leer.

 

Laastens het sy vir die dames ‘n hele rits van toepassings gegee wat baie oulik is, bv. Pinterest, Dinner Spinner waar jy die bestanddele gee, dan kry jy ‘n resep, Gardening with Babylonstoren, Duolingo waarmee jy enige taal kan leer, My Fitness Pal, Googlemaps en Health Tap waar daar dokters is wat jou navrae sal beantwoord.

 

‘n Baie leersame en interessante vergadering om die jaar mee te begin.

 

Henriette, Denise en Sannika