Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Erika Lubbe

Vergaderingdatum: 1 Februarie 2017

 

Tema van die vergadering: Valentynsmaand

Demonstrasie: Dek van ’n deftige romantiese aandete vir jou en jou Valentyn deur Theresa Swart, Saamroeper van Leefstyl.

 

Die Taksaamroeper van Kunste en Handvlyt, Landi de Beer, het die liefde d.m.v. skilderye uitgebeeld:

 

V.l.n.r.: Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, en Taksekretaris, Lulu van Wyk, wat die gasvrouens was, ontvang die lede met hul heerlike tuisgemaakte versnaperinge en ’n skildery met tasse. Die betekenis van die tasse: Ons moet tasse vol liefde uitdeel.

 

Links: ’n Skildery van ’n dogtertjie wat om ’n deur loer: Betekenis: Wat sien sy? Is dit dalk haar pappa wat haar mamma soen? Of wat sal dit wees? Jy kan self besluit……

Regs: ‘n Skildery van twee hande en ’n skoenlapper. Betekenis: Hanteer ander mense versigtig en met liefde.

 

Die skildery van ’n seuntjie wat met ’n geboë hofie voor ‘n dogtertjie staan. Betekenis: Is dit dalk die eerste tekens van ’n ontluikende liefde?

Landi de Beer staan by haar tafel van ‘oorvloedige liefde’ – harte en nogmaals harte uit haar eie huis in alles wat daarop uitgestal is.

 

Heléne Groenewald, ’n gereelde gas by die Takvergaderings, lees ’n gedig voor oor die liefde deur Elizabeth Eybers, Die Geskenk.

 

’n Heerlike middag propvol liefde……