Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Openbare Sake – Takprojek

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum: November 2016

 

VLV Kuilsrivier se projek vir 2016 was die maak en skenk van Borslappe vir bejaardes.

Daar is altyd ‘n behoefte vir borslappe vir verswakte bejaarde volwassenenes in aftreeoorde.

 

Die borslappe is gemaak van katoenmateriaal met ‘n voering van handdoekstof of ‘n waterdigte materiaal.  ‘n Klein handdoekie of selfs afdroogdoeke kan gebruik word.  Daar word dan net 2 bandjies aan die smal kant gewerk om die borslap vas te maak.

 

 

Daar is ook vroeër in die jaar ‘n hele klomp borslappe aan Huis de Kuilen oorhandig

 

V.l.n.r:  Elmine Möller, Hestelle de Goede (Maatskaplike werker), ‘n verpleegster, Sr. Daleen Immelman en Marlene Lotz

 

Sonja-Marie Brand van LIG tydskrif het ons gekontak om ‘n artikel in die tydskrif te plaas.

Tydens ‘n werksessie is foto’s geneem.

 

V.l.n.r.:  Sonja-Marie Brand van LIG, Carien Pretorius, Elmine Möller, Marlene Lotz, Jo Geyer en Mariëtte Krige

 

Daarna is die borslappe aan Huis de Kuilen in Kuilsrivier oorhandig.

Agter v.l.n.r.:  Marlene Lotz, Jo Geyer, Mariëtte Krige, Carien Pretorius en Hestelle de Goede (Maatskaplike Werker)

Voor v.l.n.r.:  Elmine Möller, Sr. Visser en Sr. Daleen Immelman

 

Die artikel met foto’s is in die Februarie uitgawe van LIG gepubliseer.