Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewer: Yvonne Neethling
Datum: 1 Februarie 2017
Die Langebaan tak het op 1 Februarie 2017 afgeskop met lekker kuier en gesels. Almal was bly om mekaar weer te sien en moes gou voor die vergadering die nuuste nuus opvang.
Die dames arriveer.
Hillary Nepgen het op gepaste wyse almal welkom geheet. Dalena vd Vyver het ons herinner aan die oop lyn na ons Hemelse Vader, waarna tannie Poppie ons verjaarsdag vriendinne ‘n baie voorspoedige jaar toegewens het. Vier nuwe lede word verwelkom, Langebaan se lidmaatskap staan nou op 111 lede.
Hillary Nepgen – ‘n Warm Welkom
Hannelie van Heerden het namens Eljada tehuis die groep bedank vir hulle bydraes deur 2016 en verduidelik waaroor hierdie projek gaan en mooi gevra vir bydraes in 2017.
Hannelie van Heerden
Magda het haar prys as algehele wenner van die Langebaan tak se kompetisies vir 2016 ontvang. Die prysgeld en sertifikaat is nou in ontvangs geneem aangesien sy afwesig was aan die einde van 2016.
Magda en Hillary
Hillary het algemene inligting deurgegee oor VLV. Estelle du Plessis, die Sirkel President, het lede aangemoedig om die konferensie te ondersteun en samewerking te gee vir die kongres in Augustus.
Die vergadering is op gepaste wyse met ‘n lekker koppie tee/koffie, heerlike gebak en nog gesels afgesluit
Die tafels gedek deur die bestuur.
Heerlike eetgoed.
Dalena van der Vyver
Tannie Poppie
Leave A Comment