Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 31 Januarie 2017
VLV Voëlvlei begin 2017 met ‘n olimpiade. Die lede en gaste is in 7 spanne opgedeel en moes vrae beantwoord oor gesondheid en die liggaam, openbare sake en musiek. Idiome ontrafel, vreemde bestandele proe en identifiseer, kruie ruik en identifiseer asook speletjies speel. Aan die einde van die rondomtalie deelname tree die Medalje Petaljes as oorwinnaars uit die stryd.
Ada Gericke lees haar gedig voor. (Dit was ‘n opdrag van die bestuur)
VLV RYMPIE
Die nuwe jaar het al begin
Dis tyd vir ons vergadering
Die VLV spring weg vandag
Die lede kan sowaar nie wag
Die dames kom mooi toegedraai
En almal lyk tog alte fraai
In rokkies, broekies, serp en hoed
Vir hierdie jaar lyk dinge goed!
Ons kyk gou wat ons als moes bring
Anders kom hier mos ‘n ding
Dis kompetisiegoed en koek
‘n geldjie vir die lootjie ‘oek’
‘n Selfoon soek ons glad nie hier
Ons is mos hier vir ons plesier
En as hy lui, lyk ons maar laf
So, sit dit af! Ja, sit dit af!
Party van ons se ore pla
Dan moet ons vir die ander vra
So, as jy nie so mooi kan hoor,
Gaan sit dan asseblief maar voor.
Kom luister mooi en kom geniet
Wat almal ons nou hier gaan bied
Dit staan nie in die land se wet
Dis maar net goeie etiket!
Chrisilda van Rensburg, Tannie Gerda Muller, Annalene Booysen, Yvonne Meyer, Corien Taljaart
Veronica van Rooyen, Elize Pienaar, Freda Menderoi, Betsie Muller
Leave A Comment