Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 25 Januarie 2017

 

 

Ons vergadering begin op n hoogtepunt.  Lede ontmoet by die Soverby Lapa.

 

Rudolf Schepard ‘n koskenner in alle reg, gee ‘n Somerkos demonstrasie. Die tendens vir kos in 2017 is” vars”.

 

 

Rudolf Schepard

 

Hy is die eienaar van Café Grace in Vredenburg, PnP- Sentrum en het ook die restaurante van die Vredenburg hospitaal en in die Weskus Mall.

 

Hy is ‘n beskeie man met vele talente. Hy vertel sy liefde vir kosmaak kom van sy ma. Hy en sy broer werk saam en doen ook verjaardagpartytjies.

 

Rudolf, het ‘n slaai gemaak: pampoenpitte gerooster en bo-op Roketblare sorteer. Stervrugte is in skywe gesny en bygesit.Geroosterde perskes en pruime met heuning is bygevoeg en verskillende wit kase met geure van gemmer, bessies en vye is oor gefrummel.

 

 

 

 

 

 

Heerlike vars slaai.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hy maak ‘n slaaisous met produkte in die yskas. Gerookte snoektert met ‘n kinkel was deel van ‘n pragtige ligte middagete.

 

 

                                                                                                          Somerkos

 

 

Sy liefde vir kos het ons lekker saam laat kuier.

 

 

 

 

Daar het ook 5 nuwe lede aangesluit.

 

Nuwe lede: Suna Treurnicht, Christa du Plessis, Elize de Meillon, Jean-Marie Huysamen, Judith du Plessis

 

Lede word verwelkom