Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  24 Januarie 2017

 

 

Vryburg VLV het die jaar afgeskop om projekte te beplan vir die komende jaar.

Met die oog op die naderende konferensie op 9 Maart, is aandag gegee aan die afronding van kompetisie-artikels terwyl daar heerlik saam gekuier is.

 

 

Nellie Viljoen het wenke verskaf om die mikrogolf in te span om krag te bespaar.

Mikrogolfoonde verskil in sterkte, vir swakker oonde moet die gaarmaaktyd aangepas word.

 

 

‘n Ryskoker maak rys in ‘n japtrap gaar en kan ook gebruik word om pasta, mieliepap en selfs krummelpap te maak. Vir mieliepap is dit belangrik dat die water kokend moet wees. Roer genoeg mieliemeel by tot dit verdik en kook nog 3 min.

 

 

Vir krummelpap kook 250 ml water en 3 ml sout. Voeg 375 ml mieliemeel by en verhit 60-90 sek. Roer deeglik met tweetandvurk. Verhit 3-4 min en roer weer.

Verhit nog 3-4 min en roer weer. Siedaar, krummelpap in ‘n oogwenk.

 

 

Aartappels kan met skil gaargemaak word mits dit eers geprik word. Verhit 2 min. per aartappel plus nog 2 min. Aartappels wat gebak of gebraai gaan word, kan deels vooraf gaargemaak word om die gaarwordtyd te verkort.

 

 

Die tak beplan om Corli Botha, die wenner van Koekedoor, op 25 Maart na Vryburg te nooi vir ‘n opwindende demonstrasie.  Lede van die publiek kan daarna uitsien om die sprankelende dame te ontmoet en meer te wete te kom van haar kulkunsies in die kombuis.

 

 

 

 

 

 

 

‘n Ryskoker

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nellie Fourie