Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  19 Januarie 2017

 

VLV PORTERVILLE REIS NA WONDERLAND SAAM MET ALICE

Die nuwe VLV-jaar het met ‘n WOW afgeskop.  Die tema was ‘n Mad Hatters-teeparty met verwysing na die sprokie  Alice in Wonderland:  Alice slides down the rabbit hole.

Lariska Verster (Mad Hatter), Nicolene van der Merwe (Alice) en Alet Steenkamp (Rabbit) stel die tema bekend met die volgende storie:

Daar was ‘n meisie, genaamd Alice, vreeslik gaaf, maar nuuskierig.  Alice ontdek ‘n vreemde, nuwe wêreld vol ongewone karakters, nadat sy agter die vreeslike tydbehepte wit haas in ‘n gat afgestrompel het.  Alice was verbaas toe sy afkom by ‘n vreemde tafel langs ‘n teepartytjie.  Sy het ‘n piepklein koekie geëet en so klein gekrimp soos ‘n muis … toe vat sy ‘n massiewe sluk van ‘n groooooot glas en groei so hoog soos die dak van die huis ….  maar julle sien, ek, ek is die Mad Hatter hier en hier is julle in my tuin, by my teepartytjie, my gaste!  Sooo …. welkom in Wonderland waar ons almal so ‘n klein bietjie mal is.

 

Willemien Burger vra raaisels en pryse word toegeken vir elke raaisel.

 

Die Bestuur het die vergadering gereël en het elkeen ‘n plakkaat gedra wat ook die tema uitgebeeld het.

Agter:  Ena Cruywagen, Willemien Burger, Louwna Hoving, Joey Koen, Mary-Ann van Schalk-wyk, Lydia Liebenberg,  voor:  Alet Steenkamp (haas), Nicolene van der Merwe (Alice), Lariska Verster (Mad Hatter)

 

Die wenner van die mooiste Mad Hatter-hoed was Marianna Coetzee.

 

Anneke Smuts, Lariska Verster, Marianne Stadler, Susan Groenewald, Hermanie du Plessis

Die dames het so lekker gekuier dat ons sommer sewe nuwe lede bygekry het.

 

Barbara Nel, Hermanie du Plessis, Marinda Hofman, Alretha Mouton, Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter), Marianne Stadler, Ray Wilton, Rita Oosthuizen

 

 

 

 

 

 

Elke lid het ‘n uitnodiging na die

teepartytjie gekry.