Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Erika Linde

Datum: 18 Januarie 2017

 

Marilize Kukkuk, en Jacoline Fouche vel deskundige en skoonheidsterapeut van ‘n baie bekende skoonheidshuis het die dames kom toespreek oor velsorg.

 

Omdat ons woonagtig is in ‘n baie dro area, is die oorgrote meerderheid dames se velle baie droog. Dit veroorsaak weer vroeё veroudering. Die grootste fout wat die meeste vroue maak, is om nie genoegsame sonbeskerming te gebruik teen die son se uiters skadelike strale nie.

 

Dames verouder voor hul tyd omdat hul nie sorg dra dat die son nie die vel, veral van die gesig, beskadig nie. Slegs 20 % van hoe ‘n vel vertoon, is geneties. Die res is wat die meeste skade aanrig: foutiewe velsorg en gevolglik verwaarlosing. Die groot jammerte is dat niks skade wat deur son veroorsaak is, regtig kan herstel nie. Chemiese afskilfering kan die voorkoms wel verbeter, maar voorkoming bly steeds die beste. Die produk wat die betrokke skoonheidsterapeut gebruik kan die vel wel korrigeer. Dit is spesiaal ontwerp om by die vel se behoeftes aan te pas en die voorkoms te verbeter.

 

Omdat die atmosfeer baie droog is, drink ons meer water. Maar steeds is dit nie genoeg om die veroudering teen te werk nie.

 

Nog ‘n oorsaak van veroudering, is dat die vrye radikale in die lug, soos rook, ook die vog uit die vel absorber, wat verdere verdroging tot gevolg het. Ook het die stres wat ons daaglikse lewe kenmerk, ‘n geweldige negatiewe uitwerking op die vel.

 

Die vel se DNA het ook die vermoё om te reageer op die Ultra Violet strale in sonlig, gevolglik verbruin die vel met die blootstelling daaraan. Wat mens egter nie besef nie, is dat die skade wat aangerig word, met langdurige blootstelling, velkanker kan veroorsaak. Ook is die Infra Rooi strale van die son uiters gevaarlik aangesien mens dit nie kan sien, maar slegs kan voel. Gevolglik is dit diѐ strale van die son wat die grootste gevaar inhou.

 

Ons moet ook na ons kinders se velle kyk en sorg dra dat hul nie buite toe gaan sonder sonblok of ‘n goeie hoed wat die gesig goed bedek nie. In ander lande soos Australiё is dit verpligtend vir kinders om daagliks sonhoede skooltoe te dra.

 

Die betrokke velsorgreeks het middels wat die negatiewe gevolge van die son en droёklimaat goed kan weerstaan.

 

 

 

Die belangrikste middel wat elke vrou elke dag moet gebruik, is ‘n baie goeie sonblokmiddel, en die tweede is ‘n baie goeie anti-oksidant in die vorm van ‘n tablet.

 

Op die foto van links na regs verskyn Jacoline Fouche en Marlilize Kukkuk wat Mimosa Vlv toespreek oor velsorg