Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Wenda Preuss en Alet Colyn
Datum: 17 Januarie 2017

 

Annamarie Brink, een van ons tak se nuwe lede, was die spreker by hierdie geleentheid.  Sy het vertel van haar betrokkenheid by die samestelling van Desmond Tutu se publikasie, “God se Kinders – verhale uit die Bybel”, om sy 80ste verjaardag te herdenk.

 

 

Dit moes ‘n kulturele boodskap oordra, asook dat almal in vrede moet saamleef.

 

 

 

 

 

Tutu het sy 50 mees-geliefde Bybelverhale in geselstrant oorvertel en 20 illustreerders van regoor die wêreld het aan hierdie projek meegewerk.

 

Eenmiljoen kopieë is aan eenmiljoen kinders in hospitale, ens. uitgedeel.  Borge het die skenkings moontlik gemaak, en behalwe in Afrikaans en Engels is die Bybel in nog 5 ander Afrika-tale vertaal.

 

Sy was ook betrokke by die saamstel van die Geestelike Groei Bybel van Lux Verbi en Reach for Life, ‘n Bybel vir HIV-pasiënte.  Sy vertel ook van haar betrokkenheid by Die Leierskapbybel, NG Kerk 350 en verskeie skoolboeke vir die WKOD.

 

Ons is dankbaar dat ons vir ‘n tydjie deel kon wees van Annamarie se boekewêreld.

 

                                                                     Annamarie Brink.