Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  29 November 2016

 

 

Op ‘n bloedige warm dag kuier lede van Vryburg vir ou laas saam onder die lapa op die plaas Sunnyside. Die jaar se werksaamhede word in oënskou geneem en daar word heerlik saamgekuier voor lede die geleentheid kry om op ‘n wildrit te gaan.

 

vry-eureka

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Erika Byleveld verower die trofee vir kookkuns

 

 

 

vry-marthie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marthie Grobler verower die trofee vir blomme, gevorderd

 

 

 

vry-estha

Esta Twigge verower die trofee vir blomme, beginners, asook die Doris Linde trofee vir uitsonderlike diens aan VLV op tak- en sirkelvlak

 

vry-marietjie

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie Steyn is die algehele wenner en verower die trofee vir Kunste en Handvlyt.

 

 

 

 

vry-hester

By die geleentheid neem die tak afskeid van Hester Pretorius wat na 22 jaar na Jeffreysbaai verhuis. Sy het diep spore in die tak getrap as sameroeper en voorsitter en sal sekerlik gemis word.

 

Toekennings vir 2000 punte aan Marietjie Steyn, Esta Twigge, Nellie Viljoen

 

Sertifikate van erkenning word aan uittredende saamroepers oorhandig:

Marthie Grobler, Magda van Rensburg, Rika Swart en Retha de Bruyn

 

Diensjaartoekennings word aan Ora Jordaan, 20 jaar en Daline Geere, 30 jaar oorhandig.

 

Ora Jordaan, Arine Bosch, Memory Scholtz, Hester Pretorius en Nellie Viljoen ontvang sertifikate vir 100% bywoning.