Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Fotograaf: Alice Van Rooyen

Datum: 26 November 2016

 

Die gebruiklike afsluitingsdinee waarvoor die taklede van VLV-Kleinmond al die jare self die spyseniering gedoen het, is vanjaar tot almal se verligting, vervang met ‘n heerlike ontbyt wat deur die bekwame personeel van die Fynbos Dienssentrum voorgesit is. Lede en hul gades/gaste kon van die heerlike sap, muesli&vrugteslaai, broodtafel en geurige ontbytgeregte geniet terwyl Miso Markovina, ‘n briljante saksofoonspeler, agtergrondmusiek verskaf het.

 

Die gasspreker van die oggend was Fredine le Roux, vrou van Josias le Roux, die Wes-Kaapse Boer van die Jaar. Sy het aan die hand van die VLVK-tema vir 2017 “Aanpasbare Vroue” vertel hoe syself moes leer om ‘n aanpasbare vrou te wees en sodoende die helper vir haar man soos sy glo die Here dit bedoel het. Hulle boer op Langhoogte, halfpad tussen Kleinmond en Caledon en het ‘n lang familieverbintenis met Kleinmond.

 

Erkenning is aan lede gegee wat gedurende die jaar deelgeneem het aan die tak-, sirkel- en VLVK-kompetisies en ook 100% teenwoordig was.

 

 

kleinm-3

2016 se pryswenners v.l.n.r. voor is Hermien van Zyl, Lisbè Badenhorst, Marie Thomas, Ninnie du Toit, Annie Jooste en Alice van Rooyen. Agter staan v.l.n.r. Daphnè Loots, Lentie Knott, Louise Bruwer en Ria Coetzee.

 

kleinm-1

V.l.n.r  Vise-voorsitter Annie Jooste en voorsitter Cecile Jonkheid saam met Averil en Melaney van die Fynbos Dienssentrum.

 

 

 

Miso Markovina, die saksofoonspeler,

het almal op ‘n “trip down

memory lane”

geneem met sy mooi deuntjies.

 

 

 

 

kleinm-2

 

 

 

 

 

 

 

 

Josias le Roux, die Wes-Kaapse Boer van die Jaar, saam met sy vrou Fredine en drie dogters.