Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 23 November 2016
Aberdeen VLV het op Woensdag, 23 November 2016, vroeë Kersvreugde aan Aalwynhof ouetehuis gebring met die aanbied van ‘n Kerstee.
Lea van der Vyver open met ‘n boodskap uit die Psalms van Jesus se liefde vir elkeen. Daarna is ‘n geskenk aan elke inwoner oorhandig deur Heidi Lombard, Stephnie van Zyl en Lize de Jager. Die geskenke was in die formaat van ‘n “Santa Shoebox Project”, waar ‘n spesifieke lysie van items opgemaak is in ‘n skoendoos wat met mooi papier oorgetrek word. Die oggend is afgesluit deur aan elke inwoner ‘n heerlike bordjie soet en sout eetgoed te gee en gesellig saam te kuier.
Die dankbaarheid en vreugde op elke gesig is iets wat die VLV lede nog lank sal bybly.
Kersboom en geskenke
Stephnie van Zyl en Heidi Lombard oorhandig die geskenke
VLV Groep vlnr agter: Lize de Jager, Gloria Peniston, Annalie Lategan, Suzanne Lategan, Elise Steynberg, Jean Watermeyer, Luise de Jager
Vlnr voor: Elna van Niekerk, Stephnie van Zyl, Heidi Lombard, Lea van der Vyver
Leave A Comment