Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum:16 November 2016

 

Die tak sluit af op ‘n hoogtepunt. Die tafels is Vintage versier, heerlike eetgoed word bedien en lede word bederf.

 

Dit was ons jaarlikse prysuitdeling en bekendstelling van die nuwe bestuur.

 

Elizabeth Cloete, beoordelaar van Koekedoor, deel met ons die ervaring agter die skerms van die groot produksie wat die hele land vir 13 episodes besig gehou het. Dit het alles by ‘n telefoon oproep begin, ‘n oudisie later en uiteindelik op die stel. Sy is genader agv haar kennis oor tradisionele gebak en beoordelaar van die VLV. Sy bied kursusse aan en is glad nie suinig om wenke uit te deel nie. Sy deel die suksesse van die deelnemers met ons, en wil enige iemand uitdaag om deel te neem as dit jou passie is.

 

Foto’s is in ‘n kleurvolle lekkergoed Deli hoekie geneem. Dit was feestelik en almal word ‘n Geseënde Kersfees toegewens.

 

veld-1

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons Fotohoekie

 

 

 

 

veld-2

Tafels mooi versier

 

veld-3

Lede kry balkies vir 5jr tot 45jr bywoning van VLV

 

veld-4

Nuwe en ou bestuur

  veld-5

Irma Siebrits – Meeste punte

 

veld-6

Beker wenners

 

veld-7        Jackie Coetzee 10/10 lid

veld-8

 

 

 

 

 

 

Elizabeth Cloete, Sinnie Koegelenberg en Henriëtte Smit

 

veld-9

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elizabeth Cloete en van die lede.