Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

Datum: 12 November 2016

 

Op Saterdag, 12 November het Sirkel Tygerberg ‘n Kersfees-tee vir kyk-en-kuier gehou.   Elke tak het sy eie tafel/s versier en sy eie eetgoed verskaf  –  jy kon jou verkyk aan die lede se kreatiwiteit met die pragtige tafelversierings terwyl jy smul aan die keurigste eetgoed.

 

sirkel-t2

Drie lede van Parow se tak wat die fraaie engeltjies gemaak het.

 

sirkel-t4                      sirkel-t-3

Twee engeltjies wat die tee bygewoon het.

 

Nadat ons hartlik saam Kersliedere gesing het, het Ita van der Merwe, Sirkel-president van Tygerberg, die gedig “Maria”” van Elizabeth Eybers voorgedra.

 

Na ‘n lekker kuier-oggend het ons nuwe geesdrif om volgende jaar Sirkel Tygerberg se 50ste bestaansjaar te vier.

 

sirkel-t1

Ita van der Merwe as Maria

 

sirkel-t5

Welgemoed se tafel.

 

sirkel-t6

Kraaifontein se tafel

 

 

 

 

 

 

.