Sirkel: Weskus

Tak: Leipoldtville

Beriggewer: Elsabe Carstens

Datum: 9 November 2016

 

leipoldtville-1

Die lede van Leipoldtville het ‘n heerlike afskeid geniet by die pragtige Bosduifklip Restaurant, net voor Lambertsbaai.

 

 

 

 

 

 

leipoldtville-2

Elsabe Carstens oorhandig nog ‘n VLV bord aan Tannie Meraai Visser vir mees uitstaande lid 2016.  Tannie Meraai is baie lief vir haar VLV en is baie getrou ongeag dat sy nie ‘n selfoon het nie en is altyd bereid om met enigiets te help. Altyd voor die wasbak.

 

leipoldtville-3

 

 

 

 

 

 

 

 

Op die foto oorhandig Elsabe Carstens die skinbord, prys                      vir die beste gebak, aan Loucresia van Zyl.

 

 

leipoldtville-4

Op die foto oorhandig Zelda Louw aan Augusta van Zyl (Nuwe Saamroeper: Opvoeding en Kultuur 2017) haar balkie.  Elsabe Carstens (voorsitter) staan by.

 

leipoldtville-5

Op die Foto staan van links na regs:  Maritha Louw, Cecile van Zyl (Nuwe Leefstyl Saamroeper vir 2017) en Elsabe Carstens (Voorsitter).

 

leipoldtville-6

 

 

 

 

 

Een van ons lede het ‘n beker geskenk vir die beste beginner bakster, maar ons het vanjaar ons eerste lid gehad wat deelgeneem het aan ‘n Konferensie kompetisie.  Hier oorhandig Elsabe die beker aan Anita Lalor.

 

 

 

 

 

 

leipoldtville-7

5 lede van Leipoldtville tak was heeljaar teenwoordig:  Van links na regs:
Cecile van Zyl, Tannie Meraai Visser, Maritha Louw,Lida Slabber en Elsabe
Carstens.