Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Margaret van die Mescht

Datum: 8 November 2016

 

Inkleur vir grootmense is nou groot. Laurena Honiball, sameroeper vir Kunste en Handvlyt vertel dat inkleur nie net`n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf is nie, dit het terapeutiese waarde ook.

 

Inkleur het helende gevolge op liggaam en siel. Om tussen die lyne in te kleur help om jou veiliger te laat voel. Hierdie tydverdryf gee `n mens die geleentheid om van realiteit te ontsnap terwyl die liggaam en verstand ontspan en genees.

 

kraggak-2

Van die lede aan die inkleur

 

Kunsterapie help met die herstelproses van emosionele wonde en trauma, terwyl dit jou help om `n sensitiewe balans tussen liggaam, gees en kognitiewe denke te kry. By kankerpasiënte is daar die verhoging in die vrystelling van serotonien.

 

Naas die terapeutiese waarde van inkleur, is dit ook baie ontspannend. Inkleur bied `n veilige hawe waar emosies ondersoek kan word binne die grense van die teks.

 

Met ons gejaagde lewe soek mense sielerus en stilte. Daar is ook iets magies aan die terugkeer na die kryte of inkleurpenne van jou jeug.

 

By die vergadering het die lede dit prakties beoefen!

 

kraggak-3

Sanria Potgieter, Maggie Burger en Biebie de Kock die ene konsentrasie

 

kraggak-1

 

 

 

 

 

 

So lyk van die voltooide kaartjies.

 

 

 

 

 

 

 

 

kraggak-4

Anita Theron, Sanita Landman, Erika le Roux, Sarie Opperman en Joey Barnardo in `n ontspanne luim besig om in te kleur.