Tak: Victoria-Wes
Sirkel: Noord-Karoo
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 4 November 2016
Die plaaslike VLV-tak se byeenkomste is op 22 Oktober met ‘n laat-ontbyt by De Oude Pastorie afgesluit. Die laaste aktiwiteit van die jaar het egter in die vorm van ‘n Kersmark op 4 November in die stadsaal plaasgevind. Dit is reeds die sesde keer dat die mark vir die gemeenskap aangebied word. Behalwe vir die uitstallers wat ‘n geldjie kan verdien, is die doel ook om ‘n bydrae tot die gemeenskap te lewer. Die stalletjiehouers se inskrywingsgelde is geskenk aan me. Alida Viljoen as bydrae tot die leerders se inskrywingsgeld vir deelname aan die Eisteddfod. Dit is dan ook Vrydag aan haar oorhandig nadat van haar dansgroepies opgetree het. Die plaaslike ACVV kon ook baat vind deur die verkoop van pannekoek en ligte etes.
Loxton laslappies se stalletjie by die Kersmark.
Ondersteuners by die Kersmark
Leave A Comment