Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 1 November 2016
Afsluiting by 41 on Main
’n Verskeidenheid koptooisels in solidariteit met een van ons VLV-vriendinne wat behandeling vir kanker ontvang, verleen flair en hoop aan die een kant en tog ook ‘n bietjie hartseer aan die ander kant.
Dis egter die tyd van die jaar wat die vlytigste lede beloon word vir hulle werk en die volgende pryse word uitgedeel:
Tala Fouche vir huisvlyt en kuns: 1ste – Aletta Keyser
2de – Salome du Toit
Ria Marais vir naaldwerk/hekelwerk: 1ste – Aletta Keyser
2de – Marizanne Lombard
De Waal vir Kuns/Blommerangskikking: 1ste – Alice Swanepoel
2de – Elsa Carstens, Louna Spies
Corrie le Roux vir hoogste aantal punte: Aletta Keyser
Rachel Isabella Steyn vir vlytigste lid (meeste inskrywings): Aletta Keyser
Die Intertakbeker vind ook vanjaar ’n plek in die vertoonkas van Slot van die Paarl!
Aletta Keyser met al haar pryse
Die taklede word herinner aan Marinda Rall, Sirkelpresident, sê versoek dat lede alle aankoopstrokies van Pick&Pay, Checkers en Shoprite bêre sodat dit in bundel aan die betrokke winkels gegee kan word, om sodoende VLV-lede se ondersteuning te bewys. Dit is met die oog op moontlike borgskappe vir die Kongres.
Diensjaarknopies word uitgedeel aan die volgende lede: Thea Basson (50), Lenie Relihan (45), Nettie Marais (30), Salome du Toit (20), Sannelize Schreuder (20), Leone Hugo (5), Susie Spies (5), Fia la Grange (35), Aletta Keyser (20) en Annalise Loubser (30).
Alice Swanepoel met haar Kunsbeker verower vir prosastukke en gedigte.
Karien van Schalkwyk, VLVK-president, se Kerswense word oorgedra: Vrede, vrede op aarde… Wees die instrumente van Sy vrede en mag u in die Kersfeestyd Sy welbehae ervaar.
Leave A Comment