Sirkel: Middelland

Tak: Hanekam

Beriggewer: M Erasmus

Datum: 29 Oktober 2016

 

Dit was Hanekam-tak se beurt om die Intertak aan te bied en dit is bygewoon deur Alexandria, Carpe Diem, Despatch, Malmaison en Uitenhage takke. Hanekam vier ook hierdie jaar hul 10de bestaansjaar. Die tema was Kersfees en die tafels was pragtig versier om by die tema te pas. Ook die kompetisies – kerskranse, kerskouse, kersballe en foto’s van ‘n Kersboom – het alles by die tema aangepas.

 

hanek-5                          hanek4

 

Andene Torlage open die byeenkoms deur Jeremia 29:11 te lees. Ons is nooit te oud vir ‘n toekoms nie. Ons moet ligdraers wees vir Jesus, want Hy beplan ‘n toekoms vir elkeen van ons.

 

Menno Mostert het ‘n paar liedjies gesing en hy en Tertia Strydom bring ook ‘n pragtige Kersboodskap deur voorlesing en sang. Die dames het dit baie geniet.

 

hanek-3

 

 

 

 

 

Die kunstenaars: Tertia Strydom en Menno Mostert

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Thirion hou ‘n tokreendemonstrasie. Aangesien dit volgende jaar ‘n Kongreskompetisie is, was die dames baie geïnteresseerd hierin. Sy verduidelik wat jy alles nodig het, en wys hoe om ‘n stel boekstutte te maak. Tokreen is in verskillende kleure beskikbaar, maar sy sê dat sy die swart verkies. Dit is belangrik dat die stutte baie tekstuur moet hê. Dit kan verkry word deur kant, hessian en selfs toiletpapier op die basis te plak en dan daaroor te verf. Tokreen kan oor bykans enige iets geverf word. Dit neem ongeveer 2 na 4 ure om droog te word. As dit klaar is, kan jy enige metaalverf in goud, silver of brons gebruik om ‘n paar dele uit te lig.

 

hanekam-1

 

hanek-2

Tokreen boelstutte.

 

Hierna vind die prysuitdeling plaas en Alexandria-tak het die eerste plek verower, met Despatch tweede.

 

hanek-6                hanek-7

Sunette van Deventer, voorsitter van Hanekam tak

en Maria Slack, een van die stigterslede.