Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum: 25 Oktober 2016

 

Die VLV Klein-Brakrivier se vergadering op 25 Oktober 2016 het op ‘n vrolike noot afgeskop met ‘n groep Lyndansers van Powertown.

Nanette Klopper reik uit na die plaaslike gemeenskap van Powertown en rig laer- en hoërskoolleerlinge af met Lyndans.

 

kleinbrak-1

Agter:  Nanette, afrigter van die lyndansers, Gretha, Johanna Hertz, sameroeper van Opvoeding,  Chris Moolman en Hester Krige, voorsitter Klein-Brakrivier VLV tak..
Voor:  Sinedd,  Marelda,  Eldene en Sharn

 

Chris Moolman doen ook gemeenskapwerk by Powertown waar hy leerlinge leer stoei. Chris het ook gesels oor trauma hantering wat hul gesin eerstehands beleef het nadat sy seun verlam is na ‘n perdryrit wat 23 jaar gelede skeef geloop het.   Ten spyte van sy gestremdheid het hy sy universiteitsopleiding voltooi en is tans besig met sy doktorsgraad.   Wat ‘n inspirerende verhaal.   Hy is ook intussen getroud met ‘n ou skool vriendin en hulle het ‘n tweeling dogters van hul eie wat nou 7 jaar oud is.

 

Mari du Plessis het pragtige verpakte tuisgemaakte sepies uitgestal.   Die sepies word gemaak van natuurlike produkte.

 

kleinbrak-2

Uitstalling van die sepies.

 

Azelle Calitz het Tupperware uitgestal en daar was drie gelukkige trekkings.