Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 20 Oktober 2016

 

Gretchen Vosloo van Jeffreysbaai leer ons dat niemand se duime te dom is om die pragtigste, praktiese geskenkhouers te maak nie.

 

‘n Vierkant harde papier word gevou as houer vir ‘n kaartjie, koekie seep of lekkers. Gom is nie nou nodig nie, maar wel om versierings vas te plak. Versier die houer met lint, kant, blomme; die keuse is joune en oneindig groot.

 

Keëls en koeverte.

 

Soos ‘n kardoes met lekkers van lank-lank gelede, maak Gretchen keëls van klein tot groot. ‘n Keël word die houer vir ‘n ruiker blomme of ‘n heerlike biltong-bederf!

 

En wat van ‘n unieke kerskrans gemaak van pragtige klein keëls?

 

loerie-2

Kerskrans